Kliek Hier vir Potgooie!
Wie Is Ons?

Wingerd FM is 'n passievolle internet radiostasie in Wellington, wat die krag van musiek vier. Hier, waar note dans en melodieë praat, glo ons in die sielverrykende krag van klank. Musiek is nie nét 'n klank nie, dit is 'n taal wat mense verbind, harte rustig maak en vir 'n oomblik die bekommernisse van die dag laat verdwyn. By Wingerd FM is ons nie net 'n radiostasie nie, maar 'n gemeenskap waar musiekliefhebbers saamkom om die vreugde van harmonie te deel. Laat die melodieë ons saam bring en die alledaagse probleme laat verdof in die agtergrond van 'n ryk klankpalet.

WhatsApp Ons
Wie Is Ons?

Wingerd FM is 'n passievolle internet radiostasie in Wellington, wat die krag van musiek vier. Hier, waar note dans en melodieë praat, glo ons in die sielverrykende krag van klank. Musiek is nie nét 'n klank nie, dit is 'n taal wat mense verbind, harte rustig maak en vir 'n oomblik die bekommernisse van die dag laat verdwyn. By Wingerd FM is ons nie net 'n radiostasie nie, maar 'n gemeenskap waar musiekliefhebbers saamkom om die vreugde van harmonie te deel. Laat die melodieë ons saam bring en die alledaagse probleme laat verdof in die agtergrond van 'n ryk klankpalet.

WhatsApp Ons
- Ons Span -
Meer oor Charl
Meer Inligting Volg Binnekort!
Meer oor Steyn
Meer Inligting Volg Binnekort!
Meer oor Natasha
Meer Inligting Volg Binnekort!
Meer oor Alexa
Alexa Blignaut woon haar hele lewe al in Wellington saam met haar familie. Wanneer sy nie op die radio praat nie, hou sy daarvan om te lees, rekenaarspeletjies te speel en 8-ball (pool) te speel. Sy het al op nasionale vlak in 8-ball gekompeteer. Alexa ry graag perd en het op skool deelgeneem aan showjumping en dressage. Sy is lief vir alle diere en pas gereeld diere op vir mense wat weggaan. Sy het 'n passie vir alle musiek, maar veral vir rock en metal.
Meer oor Werner
Werner Liebenberg is gebore in Lichtenburg. Hy het as tiener saam met sy gesin na Hartenbos verhuis en ná 'n suksesvolle loopbaan van kaalvoet werk in sy pa se take-away kafee die siviele industrie betree as 'n arbeider. Na baie dekades se harde werk, swoeg en sweet, is hy vandag 'n kenner op die gebied van siviele werke en spesialiseer in die bou van paaie. Een van sy grootste projekte waarby hy betrokke was en wat ook gelei het tot sy liefde vir Wellington en sy geskiedenis, was die rehabilitasie van Bainskloofpas. Hy is reeds 'n aantal jare 'n ware Wellingtonner nadat hy saam met sy vrou en op daardie stadium twee seuns na Wellington verhuis het. Intussen het hulle gesin op 'n spesiale wyse nog 'n seuntjie ryker geword en reeds die begin van ‘’empty nest syndrome’’ begin ervaar. As hy nie besig is op die pad nie, is hy in sy distilleerdery, Die Uil Craft Stookhuis, by die Old Tannery; hardloop rond tussen almal in die gesin se ontspannings-, sport- en kultuuraktiwiteite (wat insluit sy karate) en deel sy liefde vir geskiedenis en wat aangaan in ons kontrei met WingerdFM se luisteraars.
Meer oor Drikus
Drikus het sy skoolloopbaan by Hoërskool Labori in die Paarl voltooi. Op veertienjarige ouderdom het hy vir die eerste keer 'n metal-lied van die groep Killswitch Engage gehoor, en van daardie oomblik af het harde musiek sy passie geword. Sy musikale smaak het later uitgebrei na punk, hard rock en core. Sedert sewentien het Drikus deelgeneem aan verskeie bands en was hy 'n aktiewe lid van die Afrikaanse alternatiewe musiekbeweging. Fokofpolisiekar was 'n groot inspirasie vir baie jong Afrikaanse rockgroepe, insluitend Drikus s'n. Hulle het opgetree in plekke soos Paarl, Wellington, Somerset-Wes en Worcester, maar soos met baie jong Afrikaanse rockgroepe het die band uiteindelik ontbind. 'n Paar jaar gelede het Drikus as baskitaarspeler by 'n blues rock orkes aangesluit, maar deesdae hang sy agt kitare teen die muur en versamel stof. Sy liefde vir lekker rock musiek, of dit nou sag of hard, 'n gegil of 'n ballade is, bly steeds 'n integrale deel van sy lewe. Dit is hierdie passie wat hom dryf om die Ruk en Rol Rebellie aan te bied, waar hy sy liefde vir hierdie musiekgenre met ander kan deel.
Meer oor Johan
Johan is geen vreemdling in die radio bedryf nie! Hy het meer as 10 jaar as omroeper gewerk by 'n bekende radiostasie, en hy het ook ondervinding in televisie. Johan en sy vrou het onlangs hulle eerste baba in die wêreld verwelkom!
Meer oor Sophia
Sophia (Wessels) Momsen is in Kroonstad in die Vrystaat, as die 4de van 5 kinders, gebore, en het op 'n plaas in die distrik grootgeword. Sy gaan skool op die dorp tot Gr 7, waarna die familie Strand toe verhuis het en sy toe daar Matriek geskryf het. Daarna het sy BA Drama op Stellenbosch gaan studeer. Sy betree die bedryf waar sy Kinder - en Opvoedkundige teater doen vir n jaar of meer. Sy doen ook stemopnames vir 'n paar kinderboeke in daardie tyd. In 2010 open sy saam met 4 vriendinne The Stage Performing Arts Teater in Durbanville wat sy toe n paar jaar saam hulle bedryf het. Sy het 18 jaar ondervinding in dramaklasse vir kinders, en het ook by verskeie Eisteddfods as beoordelaar opgetree. Sy gee ook Beginners Kitaarklasse vir wie ook al belangstel. Die afgelope 2 jaar bly sy op Wellington saam met haar man, HP Momsen en hulle 2 seuntjies, waar hulle die Every Nation kerk lei. 'n Gesonde lewenstyl is vir haar baie belangrik, daarom draf sy gereeld in die mooi omgewing en probeer hulle, as gesin, so veel as moontlik buite in die natuur spandeer in hul vrye tyd.
Meer oor Anathe
Anathe Shand Ruiters, ’n talentvolle aktrise van Wellington, het naam gemaak in die vermaaklikheidsbedryf met ’n wye reeks rolle in film, televisie, advertensies en teater. Haar krediete sluit noemenswaardige produksies in soos Kelders van Geheime, Arendsvlei, Krotoa, Die Byl, Vrou-Alleen, en vele meer. Sy het ook in gewilde advertensies vir handelsmerke soos Bells Whiskey en FNB verskyn. Nou is Anathe opgewonde om 'n nuwe uitdaging aan te pak en haar stem met die gemeenskap te deel as die nuutste toevoeging tot Wingerd FM se omroeper span. Skakel in om te hoor hoe sy haar unieke energie en sjarme na die luggolwe bring!
Meer oor Eugene
Meer Inligting Volg Binnekort!
- Wingerd TV -
- Ons Programme -
  • 00:00 - 08:00
    Musiek
  • 08:00 - 10:00
    Op En Wakker met Anathe Ruiters
  • 10:30 - 10:45
    Vervolgverhaal - Strandloper
  • 10:45 - 14:00
    Musiek
  • 14:00 - 15:00
    Maroela Media Afrikaanse TOP20 met Pieter Cloete (Herhaling)
  • 15:00 - 00:00
    Musiek
  • 00:00 - 10:30
    Musiek
  • 10:30 - 10:45
    Vervolgverhaal - Strandloper
  • 10:45 - 14:00
    Musiek
  • 14:00 - 15:00
    Ruk En Rol Rebellie met Drikus Brand (Herhaling)
  • 15:00 - 00:00
    Musiek
  • 00:00 - 08:00
    Musiek
  • 08:00 - 10:00
    Op En Wakker met Anathe Ruiters
  • 10:30 - 10:45
    Vervolgverhaal - Strandloper
  • 10:45 - 11:30
    Musiek
  • 11:30 - 12:00
    Wiele2Wiele
  • 12:00 - 12:05
    Motorsport met Frank Heunis
  • 12:05 - 00:00
    Musiek
  • 00:00 - 10:30
    Musiek
  • 10:30 - 10:45
    Vervolgverhaal - Strandloper
  • 10:45 - 00:00
    Musiek
  • 00:00 - 08:00
    Musiek
  • 08:00 - 10:00
    Op En Wakker met Anathe Ruiters
  • 10:30 - 10:45
    Vervolgverhaal - Strandloper
  • 10:45 - 21:00
    Musiek
  • 21:00 - 22:00
    Ruk En Rol Rebellie met Drikus Brand
  • 22:00 - 00:00
    Musiek
  • 00:00 - 09:00
    Musiek
  • 09:00 - 10:00
    Maroela Media Afrikaanse TOP20 met Pieter Cloete
  • 10:00 - 17:00
    Musiek
  • 17:00 - 19:00
    Boeremusiek
  • 19:00 - 00:00
    Musiek
  • 00:00 - 10:30
    Musiek
  • 10:30 - 10:45
    NG Wellington-Oos Digidiens
  • 10:45 - 11:00
    Storie Tyd met Oom Karoolus en Lente
  • 11:00 - 12:00
    Kinderliedjies
  • 12:00 - 12:30
    Wiele2Wiele (Herhaling)
  • 12:30 - 14:00
    Musiek
  • 14:00 - 15:00
    Vervolgverhaal Omnibus - Strandloper
  • 15:00 - 00:00
    Musiek
- Ons Kompetisies -

Kliek op die foto vir meer inligting!

- Adverteerders -
- Volg Ons -
- Adverteer -
Vind Meer Uit
- Kontak Ons -
Wellington, Suid-Afrika
Terug Na Bo